U GEDAGTEGOED IN ONS GEDAGTEBOEK
U gedagtes oor die behoud en handhawing van ons moedertaal publiseer ons hier:
Hieronder die gedagtes van ons lesers!
Willem Vos skryf:
U standpunt dat Afrikaanssprekendes terug moet gaan na Nederlands as kultuurtaal is onbereikbaar. Die oorgrote meerderheid Afrikaners (insluitend myself) sal verkies om te "verengels" eerder as om te "vernederlands". Natuurlik sal ek verkies om Afrikaans te praat, lees, skryf en handhaaf (ook as vaktaal,onderrigtaal en saketaal) , maar on na Nederlands oor te skakel. Beslis NEE! Wat rekenaarprogramme, ens. betref. Dit is waar dat daar weinig programme in Afrikaans beskikbaar is (teenoor Nederlands , waar feitlik alle Engelse programme ook Nederlandse taalweergawes het). Hierdie gebrek aan Aafrikaanse programme is niemand se skuld behalwe Afrikaanssprekendes self nie! Dink maar aan 'n taal soos Bask ("Basque") wat slegs in die omgewing van 1.5 miljoen sprekers het. Microsoft se jongste 'Office 2000' het ,onder andere, 'n Baskiese taalweergawe. Afrikaans met ongeveer vier maal meer sprekers as Bask behoort dus ook 'n Afrikaanse taalweergawe van 'Office 2000' te hê! Afrikaners is egter te lamsakkig (en verleë) is om vertoeë tot die sagteware ontwikkelaars (soos Microsoft) te rig en te vra om Afrikaanse taalweergawes van rekenaarprogramme te ontwikkel! Om tou op te gooi en te "vernederlands" gaan beslis nie 'n oplossing wees nie. Willem Vos KwaZulu-Natal
-----Oorspronkelijk bericht van: WD Vos <wilvos@iafrica.com>
Die aantal Afrikaners wat vandag lus het om te verengels is talryk. Tot en met vroeg hierdie eeu was ons omgangstaal Afrikaans en ons kultuurtaal Nederlands - 'n taalverhouding tussen die omgangstaal en kultuurtaal wat ons vandag nog sien in Vlaandere (Vlaamse dialekte as omgangstale met Nederlands as kultuurtaal); Oostenryk, (D)Swiserland, Luxemburg en België (hoofsaaklik Hoogduitse omgangsvariëteite met Duits as kultuurtaal) en noem maar op. Die kleurrykste deel van ons geskiedenis is die stuk waar ons Afrikaans gebruik het as omgangstaal en Nedelands as kultuurtaal. Gedurende hierdie tyd het ons mense ook alles opgeoffer om hul taal en kultuur te red - deur onder andere 'n Groot Trek en 'n Anglo-Boereoorlog: alles om Engels te weer. Vandag wil ons mense nie eens aan 'n opofferinkie dink nie - laat staan nog 'n daad.
Nou lei ek uit u skrywe af dat u hierdie tyd in ons geskiedenis as 'n ongelukkige tyd beskou, wat vir ons Afrikaners heilloos sou moes gewees het. U wil nie na Nederlands ''oorskakel'' nie, maar wil u die taal dan ook nie op een of ander manier benut, ter aanvulling van Afrikaans nie, byvoorbeeld: video's, rekenaarprogramme, rekenaarspelletjies, ens? Afrikaans en Nederlands was tot onlangs toe gewoon sinonieme. Waarom mag dit nou nie meer nie, en wat het ons ryker geword uit die taalskeiding met Nederlands?
Petrus
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Leendert van Oostrum skryf:
Ek stem vir plan C!
(Dit sal sorg dat die Nederlandse ortografie veel meer sinvol word :-)
Vriendelike groete,
Leendert
-----Oorspronkelijk bericht van: Leendert van Oostrum <oostrum@cbt.up.ac.za>
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
R de Vos skryf:
Ek vind jou idee pragtig en wat my betref moet ons so gou moontlik aandag aan jou planne gee. Alhoewel ek na plan A smag, besef ek ook terselfde tyd dat die gemiddelde Afrikaanssprekende nog nie daarvoor gaan val nie. Plan A moet 'n einddoel wees. Ek wil plan D voorstel. Plan D is dat ons Nederlands gebruik om Afrikaans aan te vul (veral op taalterreine waar Afrikaans afwesig is). As ons eers Nederlands maar net 'n bietjie gebruik, sal die gemiddelde Afrikaanssprekende gou insien dat Nederlands eintlik maar Afrikaans is. My plan D sal dan outomaties uitloop op die aanvaarding van jou plan C en dan volg plan B en waarborg ek jou raak ons binne 50 jaar besig met jou plan A. Groetnis, R de Vos
-----Oorspronkelijk bericht van: R de Vos <de_vos_reinaert@hotmail.com>
Ek hou baie van jou plan en baie dankie daarvoor.
Petrus
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Leo Leo Camerlynck skryf:
Geagte Vriende Afrikaanssprekendes,
Ek is 'n groot voorstander van die taalfusie tussen Afrikaans en Nederlands omdat ons 'n groep van 30 miljoen moedertaalsprekers vorm, wat verspreid woon en leef oor België (Vlaandere), Nederland, Frankryk (Frans-Vlaandere), Suriname, Aruba, die Nederlandse Antille, Suid-Afrika, Namibië.
Nederlands is bv. een van die vyf offisiële tale wat op die Amerikaanse kontinent gepraat word (Suriname). Nederlands geniet nou erkenning in Frankryk. Nederlands word deur 22.000 Duitsers aangeleer. Nederlands (dikwels saam met Afrikaans) word op meer as 300 universiteite oor die hele wêreld gedoseer.
Ek het dit baie jammer gevind dat by die laaste (?) hervorming van die Nederlandse spelling die lede van die spellingskommissie gekies het vir die "voorkeurspelling". Die tweede progressiewe spelling, wat saam met die voorkeurspelling in 1954 ingevoer is en by die laaste spellingshervorming afgeskaf is, het baie digter by die Afrikaanse spelling gelê.
Maar ek het hoop. Ons moet begin om dieselfde neologismes te gebruik. As daar 'n woord in Nederlands opgenemeem word moet dit dieselfde woord in Afrikaans wees.
As voorsitter Vlaandere van die Algemeen-Nederlands Verbond (ANV) sal ek alle pogings steun om Nederlands en Afrikaans opnuut tot één taal te bring.
Nederlands (+ Afrikaans) is sterker as Sweeds, Deens, Noors, Yslands saam.
Ons moet bly hoop en soos in die Paarl by die Taalmonument geskryf staan: "Dit is ons erns".
Vriendelike groete,
Leo Camerlynck
Voorzitter Vlaanderen Algemeen-Nederlands Verbond
leo.camerlynck@skynet.be en orandie@hotmail.com
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dirk de Klerk skryf:
Afrikaanse Taalfusie (taalfoefie). Ek het met belangstelling u voorstelle oor taalfusie gelees, maar ek dink dat u 'n kernelement buite rekening laat: die geografiese skeiding. 'n Eendrag met Nederlandssprekendes is daarom onprakties en onwerkbaar. Nee, 'n deurslaggewender faktor is die selfrespek van die Afrikaner (dus Afrikaanssprekende) wat al lank 'n knou het. As ons Afrikaanswees as aantreklik beskou, sal meer mense trots daarop wees en minder geneig wees om te verengels. Dat ons met hartstog ons taal bevorder is belangrik, en ek is bly dat hierdie debat voortgaan.
-----Oorspronklijk bericht van: Dirk de Klerk: d.dk@usa.net
Dankie vir u berig. Wat die geografiese skeiding betref die volgende: Tussen Suid-Afrika en die Lae Lande hang dieselfde aantal kilometers as tussen Latyns-Amerika en die Iberiese skiereiland en tussen Suriname en Nederland en tussen Frankryk en Quebek en die Engelssprekende lande onderling. Tot en met 'n eeu gelede was Nederland nie ver weg nie. Vandag wel. Waarom? Vir 'n groot deel van my mense lê Nederland vandag baie ver weg, maar Londen en haar kroos agter die eerste bult. Geografies skeiding is dus geen argument nie.
U het dit oor selfrespek. Is ons selfrespek dan laag? Ons het die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog binnegegaan met Nederlands as ons kultuurtaal (en Afrikaans as ons omgangstaal), was dit met of sonder selfrespek? Ons het eeue lank voor onse Almagtige Skepper gekniel om Hom in die Nederlandse taal om genade en behoeding te smeek. Was dit met of sonder selfrespek? In Suid-Afrika gebeur tans wat in Amerika 'n eeu gelede gebeur het: die proses van kultuurverskuiwing en die daaropvolgende taalverskuiwing. Eers vind kultuuroordrag plaas en daarop volg taaloordrag. Dit is 'n algeme sosiale taalverskynsel , waar daar binne 'n bepaalde grondgebied die prestige taalvariëteit alle ander taalvariëteite verdring. So verdring die afgelope eeue die Haagse variëteit alle ander Nederlandse en Vlaamse dialekte - oorname van die standaardtaal ook as spreektaal deur die dialekspreker. Alle taalvariëteite in Amerika het die knie gebuig vir Engels - variëteit met die hoogste prestige. MAAR dit kan gekeer word met lands- of ampelike erkende taalgrense (vergelyk Kanada, Switserland en België). Het hierdie grense in Amerika bestaan, was die oorspoeling teëgewerk. Dan sou ons ook Duitstalige state in Amerika gesien het, een Franstalige staat en een Nederlandstalige staat. Hier het eers kulturele oordrag plaasgvind en daarop ook taaloordrag. Vandag is die Dietse volkere vir die Afrikaner vreemd en die Angelsaksiese volkere familie. Engels is vir ons geen vyand meer nie, hy is vriend. Ons gaan hom oorneem ons is besig om dit te doen. Om die gety te keer het ek die voorstelle gedoen wat u gelees het.
Petrus
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Attie Schutte skryf:
Heil die Leser.
Vir ʼn Werklike oplossing moet werklikheid in ag geneem word.
Aangesien die Afrikaner nooit sy grense beskerm het nie en gebruik gemaak het van volksvreemde arbeid het immigrasie na die land jare terug al hand uit geruk. Tydens die hoogtepunt van apartheid het swart mense teen ʼn tempo van 20,000 per na Suid Afrika gevlug, tydens die diamant en goud haas van die laat Agtienhonderde eeu was slegs 70 % van nie-Afrikaners( Swart mense) in die Transvaal gebore. Die Afrikaner was ʼn demografiese meerderheid in die Republieke alhoewel nooit die enigste volk nie, die ander was slegs klein stamme en volgens die denke en politieke werklikhede van daardie tyd onbenullig. Die Engelse het gekom en ons uitgemoor die swart volke het met die hulp van Westerse kos en mediese dienste ʼn ontsettende populasie ontploffing beleef. Die enigste man met ʼn werkbare plan was Dr H.F Verwoerd, maar dit was 1960 die uur was laat die plan te gulsig en hy is vroeg by ons weggevat waarna dit soos almal weet uiteindelik net in onderdrukking ontaard het.
Vandag het die demografie ons totaal ingesluk en maak ons minder as 10% van die land se volke uit. Ons is wydverspreid oor die land en is ons daadwerklik ʼn volk in diaspora. Met die swartman se onverdraagsaamheid word Afrikaans uit die universiteite en howe uitgedruk die skole het reeds begin volg. Sonder die hoër funksies van die taal sal dit vir so drie generasies voortleef en dan vinnig kreoliseer tot waar die geskrewe en gesproke vorm nie verband hou met mekaar nie en is dit dan maar ʼn dooie taal. Meer as ʼn Miljoen blankes het sedert 1994 as gevolg van die geweld teen blankes landuit gevlug en dit is gewoonlik die jong getroudes met kinders wat trek in hul nuwe tuistes verengels hulle kinders baie vinnig.
Daar is slegs een oplossing, ons moet onself uit hierdie verwoestende diaspora opruk en onsself in ʼn volkstaat verenig. Orania is die enigste werkbare oplossing. Die Afrikaner is na 40 jaar van nimmereindigende internasionale kritiek en liberale propaganda onseker van sy reg om te bestaan. Dit gaan nog lank vat voordat Orania sy verbeelding aangryp en dit gaan lank vat voordat ons massas oorreed van die meriete daarvan, maar geen stryd is volkome verlore nie. Ons sal voortgaan al noem hulle ons rassiste, ek word eerder ʼn rassis genoem en lewe as wat ek geweldadig sterf. Uiteindelik sal ons, ons vryheid herwin daar sal min van ons oor wees , maar bestaan sal ons bestaan.
Ek het bloot toevallig op jou webblad afgekom en wil dankie sê vir die solidariteit bewys aan die Afrikaner volk, dit voel baie keer of die wêreld ons vergeet het en soms of almal ons eenvoudiglik haat. Ek hoop van harte dat die Nederlanders en Vlaamse volke ons nou sal bystaan met die selfde geesdrif waarmee hulle ons vroeër veroordeel het ek het ook groot waardering vir die vryheidstrewe van die Vlaamse volk en hoop van harte dat hulle met erns na immigrasie kyk en by ons leer wat dit ʼn volk kan aandoen.
Boeregroete
A.C Schutte
-----Oorspronklijk bericht van: Attie Schutte: atties@icentre.co.za
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------